Wynmaker Juandré Bruwer
Hy het in 2009 net ná hoërskool ’n sabbatsjaar geneem en by Perdeberg Kelder gewerk en die wynmaak-gogga het daar gebyt. Hy is onlangs getroud met Daniella en hulle woon so 7 km weg van die plaas. Daniella is ’n reisagent by Pentravel en Juandre sê ’n passie vir wyn en reis maak hulle die perfekte kombinasie.